Netwerk Missionaal

LIG Kinderbediening

LIG Kinderbediening is ‘n inter-kerklike evangeliese organisasie wat weekliks behoeftige Afrikaanssprekende kinders in Danville, Proklamasieheuwel en Elandspoort bedien deur middel van Bybelklubs, vakansieprogramme en uitstappies. ‘n Jaarlikse hoogtepunt is die kampe en borge is altyd nodig en baie welkom. Ondersteuning in die vorm van klere of enige iets wat deur ‘n minder bevoorregte kind benut kan word, sal waardeer word. Indien jy by hierdie hoogs bevredigende projek betrokke wil raak, kontak vir Louise Rossouw.

Garsfontein Tienerhuis

Hierdie is ons Gemeente se veilige vesting vir weerlose tiener-dogters wat ‘n heenkome nodig het. Kontak gerus vir Ds Jaco Barnard as u betrokke wil raak by hierdie dogters.

Netwerk Missionaal

Die Netwerk Missionaal help ons gemeente om in al ons bedieninge missionaal gefokus te bly. Hierdie Netwerk oorsien ook al ons uitreik– en sendingaksies in die gemeenskap en die wêreld daar buite.

Reënboog Projekte

Hierdie projekte ondersteun behoeftige gemeenskappe. ‘n Hele handvol kleuterskooltjies word deur ons gemeente aan die gang gehou in plakkersgemeenskappe. Senior burgers, groentetuinprojekte, mobiele klinieke en ons “Kids Klub” baat almal by die bydraes.
Enige “rommeltjies” in jou huis kan ons gebruik: van koerante, tydskrifte, toiletrolletjies, prente en enige iets anders is van groot nut vir ons. Indien jy ons kan help met enige iets of betrokke wil raak by die uitsorteer van die skenkings, is jy meer as welkom. Ons benodig ook vrywilligers wat behulpsaam kan wees met die vervoer van die skenkings (1x per maand) na die gemeenskappe in nood. Kontak vir Gerda Joubert.

Dr Gavin Meistre
Leraar

082 060 4905

Epos
Ds Jaco Barnard
Leraar

082 302 9807

Epos
Ds Ronnie Stanton
Kapelaan

082 771 1535

Epos