Preke


Jaartema 2019

Jaartema 2019:
Kom saam / Saam op reis met Jesus / Jesus roep jou!
(die gedagte dat ons die gemeente uitnooi en oproep tot deelname en groter betrokkenheid)

Matteus 4 v 19 of Handelinge 2 v 44-47

Kwartaaltemas:
Kwartaal 1: Jesus roep jou
Kwartaal 2: Jesus leer jou
Kwartaal 3: Jesus stuur jou
Kwartaal 4: Jesus stap saam met jou


Is jy “in die Gees”

Die werkinge van die Heilige Gees in die Kerk

1 Korintiers 12-14

Ons is elkeen ‘n werking van die Heilige Gees gegee tot voordeel van almal. Elkeen het sy eie unieke gawes gekry – daar is nie een persoon wat dieselfde stel gawes gekry het nie.

God sê “wees ingelig”, as mens ingelig is kan jy ‘n persoonlike ervaring met God hê wat nie anders kan as om natuurlik uit te vloei na ander nie. Om mekaar te bemoedig en help en liefhê nog voor ons dit verdien, want God het ons lief gehad voor ons dit verdien het.