Tag: God ken jou


God ken die einde van die storie!

“Ons noem hulle geseënd omdat hulle volhard het. Julle het gehoor van die volharding van Job en julle het gesien waarop die Here dit laat uitloop het. Die Here is immers ryk aan barmhartigheid en ontferming.” (Jak 5:11)

Die groot vraag wat almal nou vra is: wanneer sal alles weer terugkeer na normaal? Gisteraand het ons gehoor dat ons Sondagnag na Vlak 1 beweeg van die inperking, maar dis nog nie die “normale” wat ons altyd geken het nie. Dit is nogsteeds die “nuwe normaal”. Ons kan nog nie afweeg na die “ou normaal” nie, omdat dit vir ons te veel gesondheidsrisikos inhou. Dit sal seker waarskynlik gebeur wanneer daar ‘n doeltreffende entstof onwikkel word – en dit sal nie gou gebeur nie. So ons wonder maar oor die toekoms, hoe alles sal uitspeel vorentoe.

Maar wat gaan ek en jy doen as die lewe glad nie terugkeer na “normaal” nie?

Die antwoord is baie eenvoudig. Jy plaas nie jou hoop in die regering nie, ook nie in die media of “celebrities” nie. Jy plaas jou hoop in God.

Hoekom hoop ek op God?

Want Hy ken die einde van die storie. Ons hoef nie dit te weet nie, want Hy weet dit. Hy hou die toekoms stewig vas.

Die verhaal van Job demonstreer dit alles baie goed. Alles is van hom weggeneem. Kan jy jou indink hoe dit moes gewees het? Hy het nie die toekoms geken nie. Hy het glad nie ‘n idee gehad dat God alles weer aan die einde gaan herstel nie. Maar Hy het op die Here vertrou. The Message stel dit so:

“What a gift life is to those who stay the course! You’ve heard, of course, of Job’s staying power, and you know how God brought it all together for him at the end. That’s because God cares, cares right down to the last detail(Jak 5:11, The Message).

God het deur die detail van Job se lewe gewerk omdat Hy vir Hom omgegee het. God sal dieselfde vir jou en my doen. Dit maak nie saak hoeveel jy opgemors het in die eerste helfte van jou lewe nie, vertrou God om die detail van jou lewe te hanteer en kyk hoe Hy alles mooi saambring in die tweede hefte van jou lewe. Trouens, God weet al klaar hoe jou storie gaan eindig.

In werklikheid is dit eintlik sy storie, want Hy het jou gemaak om ‘n unieke en betekenisvolle deel van sy storie te wees. Daarom kan jy vertrou dat Hy daaraan werk om vir jou te sorg en jou ‘n goeie toekoms te gee.

Hy sal ons ook eendag beloon vir ons geloof. “Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet” (Jak 1:12).

Dit maak nie saak waardeur jy nou gaan nie, God belowe om alles vir jou uit te werk ten goede. Dit is ‘n belangrike rede om te bly hoop en op Hom te vertrou.