|
Waar die Stroom vloei ….Daar is lewe
Familienuus: 26 April 2018
Om lief te hê soos Jesus in ‘n versplinterde samelewing
Suid-Afrika is al reeds deur baie traumatiese tye. Ons sien die tekens van die “new dawn”, maar daar is so baie werk om te doen, sodat ons as een nasie kan funksioneer. Dink maar aan die omvang van korrupsie, skandale, geweld en misdaad, rassisme, vooroordeel, protesoptogte, mense wat mekaar bykom in die media, om maar net ‘n paar sake op te noem. Ons leef in ‘n versplinterde en gepolariseerde land waar mense en groepe mekaar demoniseer om elke hoek en draai. Ons kan nie op iets soos ‘n wêreldbeker sokkertoernooi staatmaak om eenheid te vermag nie. Daar moet iets dieperliggends gebeur in die hart van ons mense – ‘n hartsverandering wat sal lei tot ‘n gesindheidsverandering en ‘n lewensverandering.
Hoe reageer volgelinge van Jesus op al hierdie woede in SA? Hoe kan God se mense die vredemakers wees – die bedienaars van God se versoening in ons land? Hoe bou ons brûe na mekaar, in plaas van mure om ons harte en huise? Ons kan begin deur soos Jesus lief te hê. Ons het so pas die opstanding van Jesus gedenk. Sy opstanding het nuwe moontlikhede vir ons oopgemaak – om nie meer vas te steek in die ou patroon van lewe nie, want dit bring net hartseer en mislukking. Nee, Jesus roep ons om saam met Hom op te staan tot ‘n vars nuwe lewe, om soos Hy te lewe en lief te hê. Hierdie lewe word gedra deur die Heilige Gees in ons. Dink aan die volgende beginsels om ‘n nuwe patroon van lewe uit te dra in getraumatiseerde en woedende SA.
Menswaardigheid
God het elke mens met waardigheid gemaak. Om ander lief te hê beteken dat ek besef dat God aan almal van ons daardie waardigheid toegeken het. Omdat Hy ons almal se Skepper is, is ons almal waardevol en het ons dieselfde waarde. Hierdie waarde kom van God – ek kan dit net bevestig in ander mense. Ps 8:6: “U het hom net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon”; 1 Pet 2:17: “Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê”.
Diversiteit
God het intensioneel elkeen uniek gemaak. Jy is een van sewe biljoen. As jy ‘n probleem het met mense wat anders is as jy, het jy eintlik ‘n probleem met God. Ongelukkig kan almal nie soos ek en jy wees nie. God het verskeidenheid geskep. Mense daar buite in die wêreld is verdeeld en verskeurd vanweë verskille, maar die kerk is die een plek in hierdie wêreld waar mense van alle agtergronde oor die weg behoort te kom. God wil nie hê dat ons kleurblind sal wees nie, maar kleur-geseënd! Ons moet die diversiteit vier want dit maak ons sterker. As jy nie van verskeidenheid hou nie, gaan jy nie van die hemel hou nie.
Gemeenskap
Ons het mekaar nodig en ons is beter saam. God het nie beoog dat ons alleen deur die lewe sal gaan - sonder die ondersteuning van mense nie. Hy wou ‘n familie gehad het waarin Hy diversiteit weerspieël. Ons is almal uit een Vader geskep (Heb 2:11). Daarom behoort die kerk die plek te wees van eenheid en gemeenskap waar ons die liefde van Jesus modelleer vir die wêreld. Ons is broers en susters van mekaar – ons primêre identiteit kom van God. Die enigste verhouding wat vir altyd gaan hou, is ons verhouding tot God en ons medegelowiges in God se familie. By God en sy familie vind ons ons krag. Ons nooi almal soontoe om God se liefde konkreet te ervaar.
Liefde
God het ons op die aarde geplaas om hier te leer hoe om lief te hê. Dit is die groot gebod van God – dat ons God en ons naaste sal liefhê. As jy dit nie geleer het nie, het jy jou doel gemis op aarde. Ons word agente van God se liefde as ons leer om te luister na verskillende mense – hulle in die oë kyk, van hulle leer en saam met hulle lag en geniet.
Versoening
As volgelinge van Jesus word ons geroep om versoening te fasiliteer waar ons kom. Dis wat die kerk se mense doen. Matt 5:9: “Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word”.
Wat ons in SA nodig het is ‘n geestelike herlewing – dat God ons sal wakker maak tot sy waardes en krag. Ons kan nie in die huidige rigting bly beweeg nie, want dis ‘n doodloopstraat. Ons soek ‘n geestelike deurbraak van God in ons harte – anders loop ons uit of sosiale disintegrasie. As christene het ons ‘n roeping om ernstig tot God te bid vir redding en uitkoms, terwyl ons volhard om waarlik sout en lig te wees.
Eredienste op Sondag, 29 April 2018: 09:00 Ds Jaco Barnard Voorlopige afkondigings vir Sondag is aangeheg.
Geen 18:00 Erediens en Kategese (Langnaweek); Teeskink: Diamante Neem asseblief kennis dat die Kerkkantoor gesluit sal wees op Maandag, 30 April 2018.
Week Byeenkomste: 30 April 2018 Skole Vakansiedag Kerkkantoor gesluit
1 Mei 2018 Werkersdag Vakansiedag Kerkkantoor gesluit
2 Mei 2018 09:00 Bybelstudie 18:30 Kanker Ondersteuners
3 Mei 2018 09:00 Vlytige Hande 18:00 Dagbestuur Groeigroepe
4 Mei 2018 05:30 Mannebediening 19:00 Tradisionele Ete
Nuus oor Ds Ronnie Stanton: Ronnie Stanton het Woensdag weer ʼn operasie aan sy voet ondergaan. Alles was ʼn sukses. 6 weke se hersteltyd lê nog voor. Baie dankie vir al u gebede sover.
Daar is lewe in die Garsfontein Stroom…Tweede Kwartaal
Tradisionele Ete: 4 Mei 2018 om 19:00!!!!! Die jaarlikse tradisionele ete waar heerlike Bobotie (R80/persoon), Skaapafval (R80/persoon) en Skaapkoppe (R100/kop) bedien word weer aangebied. Kaartjies is by die Kerkkantoor te koop of Sondag na die oggend erediens buite. Sperdatum is 2 Mei 2018 om 12:00 Netwerk Vergaderings: 7-9 Mei 2018 7 Mei 2018 18:00 Netwerk Aanbidding in Beradingskamer 18:30 Netwerk Groei in Konsistorie 19:00 Netwerk Versorging in Beradingskamer
8 Mei 2018 10:00 Netwerk Diens in Jeuglokaal 18:00 Netwerk Steunbediening in Beradingskamer 19:00 Netwerk Missionaal in Konsistorie
Pinkster 2018 10 Mei (Hemelvaart) 18:30 Tema: God roep my
13 Mei 2018 (Sondag) 09:00 Tema: Ek is ‘n nuwe mens 18:00 Tema: Geloof wat red
14 Mei 2018 (Maandag) om 10:00 & 18:00 Tema: Vrygespreek!
15 Mei 2018 (Dinsdag) om 10:00 & 18:00 Tema: Draai na God!
16 Mei 2018 (Woensdag) 10:00 Tema: Meer soos Jesus 18:30 Tema: Ek word geheilig
17 Mei 2018 (Donderdag) 10:00 Tema: Volhard tot die einde 18:30 Tema: Volhard tot die einde
20 Mei 2018 (Sondag) om 09:00 Pinksternagmaal Tema: Ek leef in die vloei van die Gees SOP!!!! Pinkster 2018 word vanaf 13 Mei tot 20 Mei 2018 aangebied. Ons benodig asb vrywillige lidmate om te help met die voorbereiding van sop gedurende hierdie tydperk. Kontak asb vir Michelle by 082 057 8370 as u ons kan help.
Swaziland: 18-20 Mei 2018 Ons nooi u hartlik uit om by die span wat Swaziland toe gaan aan te sluit. U sal in ‘n goed toegeruste plek naby die kerk waar die rystoele aanmekaar gesit sal word bly. Program: Saterdag: Sit rolstoele aanmekaar Sondag: Woon erediens by en vertrek huis toe. Kontak gerus vir Otto Ueckerman as u meer inligting soek by 071 352 7598 / ottou09@gmail.com
Belydenisaflegging: 20 Mei 2018 om 18:00
Hierdie jaar se Belydenisaflegging sal op 20 Mei 2018 tydens die aand erediens om 18:00 plaasvind. Die jongmense het reeds die vorms via epos ontvang en moet teen Vrydag, 4 Mei by die Kerkkantoor ingehandig word. U kan dit ook epos na yolande@nggars.org.za
Onderhoude sal in die week van 7-11 Mei 2018 plaasvind.
Foto’s vir die Belydenisaflegging sal op Sondag, 13 Mei 2018 na afloop van die aand erediens geneem word. Ons wil asb vra dat jy daardie Sondag teenwoordig sal wees.
Sperdatum: 4 Mei 2018; Onderhoude: 7-11 Mei 2018; Fotos: 13 Mei 2018 Jeugmark: 25 Mei 2018 U word hartlik uitgenooi om die Jeugmark by te woon en te ondersteun. Die volgende stalletjies word aangebied: Kleuterkerk: Inkleurkompetisie Graad 1: Speletjies Graad 2: Cupcakes & Speelgoed Graad 3&4: Lekkergoed Graad 5: Haarsprei Graad 6: Speletjies Graad 7: Koeldrank Graad 8: Pannekoek Graad 9: Poeding Graad 10: Hamburgers & Jaffels Graad 11: Vetkoeke
Kruisvroue Huishulpe Funksie: Saterdag, 9 Junie 2018 om 10:00 Die Kruisvroue en die Reënboog-projekspan bied aan: Kom bederf jou “blom” in jou lewe wat so baie vir jou huishouding beteken met hierdie heerlike kuieroggend. Heerlike verrassings word beplan vir die gaste. Verversings word bedien. Hierdie is ‘n geleentheid om jou huishulp beter te leer ken. Datum: 9 Junie 2018 om 10:00 by NG Garsfontein @ R120 (Sluit jou en jou huishulp in) Kaartjies is by die kerkkantoor te koop. Vir enige navrae kontak vir Michelle by 082 057 8370
Groeikragaand: Donderdag, 21 Junie 2018 om 19:00 Meer inligting hieroor later
Derde Kwartaal…
Winter Wedloop – 7 Julie 2018: GARSFONTEIN ICE BREAKER WEDLOOP: 7 JULIE 2018: HULP VERLANG (ons gemeente se eie jaarlikse wedloop) ‘n Verskeidenheid van reelings i.v.m. bogemelde wedloop moet eersdaags ‘n aanvang neem. Die jaar is dit ‘n liga wedloop en ‘n rekord aantal atlete word verwag.
Ons het u hulp nodig om as marshalls op die straat op te tree die oggend van die wedloop OF as u asb by ‘n waterpunt kan help. Borge vir ‘n waterpunt is ook baie nodig en sal baie help. Gebruik hierdie geleentheid om u besigheid blootstelling te gee. Kontak gerus vir Mike Minty by 0834145938 Of epos hom by m-minty@lantic.net Basaar: 24 Augustus 2018
Hiermee ‘n paar krisisse waarmee u solank kan help ASB! Ons is opsoek na 2 of 3 golfkarretjies wat ons daardie dag kan gebruik om diamante besoekers na hulle karre te neem en terug!
Ons benodig ook asb ‘n koördineerders vir die Hamburgers & Lekkergoed tafel by die basaar. Kontak asb die Kerkkantoor as u ons kan help.
Vierde Kwartaal…
Diamante toer na Drakensberge: 7-12 Oktober 2018 Nog 7 plekke beskikbaar! Toerprys: R5 000/persoon Deposito: R1500 voor/op 28 Feb 2018 Afbetaling (Mrt-Sept): R500/maand Toerprys sluit 2 maaltye per dag in. Drinkgoed en peuselhappies vir eie rekening. Vorms en volledige toerprogram is by die Kerkkantoor beskikbaar.
Word deel van Garsfontein se Lewende Stroom… .
GEBEDSGELEENTHEDE: Dinsdae: 06:00 – 07:00 - Gebedsgeleentheid in Beradingskamer of Epos jou gebedsversoek na bidvmy@gmail.com Vrydae: 05:30 – 06:30 Gebedsgeleentheid in Konsistorie vir al die manne in ons Gemeente
Manne van die gemeente kom Vrydae oggende (saam met die ontwaking van die voëltjies) om 05:30 in die konsistorie tot 06:30 bymekaar. Daar is elke Vrydag oggend sielskos vir almal, gratis!!. Kom skakel gerus in. Jou teenwoordigheid sal verseker ʼn positiewe invloed hê.
BYBELSTUDIES: Dinsdae: 10:00 – 11:00 Bybelstudie geleentheid in Beradingskamer vir al die vroue in ons gemeente Woensdae: 09:00 – 10:00 Bybelstudie geleentheid in Konsistorie vir al die Diamante (60jr+) in ons gemeente GROEIGELEENTHEDE: Dinsdae: 18:30 in Jeuglokaal - Floreer Voel jy asof jy vasgeval het in jou geestelike lewe? Soek jy na meer? Is daar baie vrae waaroor jy wonder in jou innerlike lewe? Kom reis saam met Dr Gavin in 2018 na ‘n dieper lewe saam met God en ontdek die wonder van God se lewende water in jou.
18:30 in Konsistorie – WoordSTERK ʼn Bediening vir alle 20-45 jariges wat wil groei in hul kennis van GOD se Woord.Hierdie bediening kom elke TWEEDE Dinsdagaand vanaf 18:30-20:00 bymekaar. Alhoewel hierdie bediening gerig is op 20-45jariges is familie/vriende/geliefdes meer as welkom om saam te kom.
Donderdae: Groeigroepe Verskeie groeigroepe in verskillende woongebiede/uitbreidings en ouderdomme is aktief in ons gemeente. Indien jy graag by ʼn Groeigroep wil inskakel – kontak gerus vir Marina le Grange by 082 903 9248. Groeigroep vir Huishulpe Ons benodig werknemers om hierdie groepie te kan bywoon en so verryk te word. Hierdie groepie kom op Donderdae Middae vanaf 16:00 - 17:00 in die Beradingskamer bymekaar. Enige navrae kan gerig word aan: Marina le Grange (082 903 9248) of Sarie de Villiers (083 414 2952) Vlytige Hande Kom geniet heerlike geselskap terwyl jy jou kreatiewe passie uitleef. Kom sluit by ons aan elke Donderdag vanaf 09:00 tot 12:00. Kontak gerus vir Rina Compion 083 258 3901 / 012 993 3640 as jy meer wil uitvind.
ONDERSTEUNING: Dinsdae: 08:30 in Jeugsentrum - Elengos Hierdie bediening ondersteun fisies, psigies, geestelik en finansieel. Ons nooi enige persoon wat in nood is uit om ons te kontak. Ons kan onder andere help met kos en klere. Alle sake word konfidensieel hanteer. Kontak vir Lynette van Eeden by 083 578 2088.
Woensdae:
18:30 in Konsistorie – Kanker Ondersteuners Hierdie ondersteuningsgroep kom elke Woensdagaand om 18:30 in die Konsistorie bymekaar! Kankerlyers en gesinne is welkom. Danie Perold kan vir u meer inligting gee by 012 993 3271 / 073 478 1158 GETUIENIS: Deel jou geestelike ervarings met ons gemeente! As jy wil deel word van hierdie groot geleentheid skakel Ds Ronnie Stanton of epos hom by rastanton01@gmail.com JEUG: Kruis Kids - Die Kruis Kids is Peuters tot en met Gr 6 kinders (junior jeug), kom op Sondagoggende tydens die oggend erediens bymekaar. Kruis Teens - Die Kruis Teens is tieners vanaf Graad 7 tot Graad 12 (Senior Jeug), kom Sondagaande vanaf 18:00 bymekaar. FONDSE: Hoe kan ek my bydrae vir die Gemeente gee? 1) Debietorder (Vorm is in die portaal en Kerkkantoor beskikbaar) 2) EFT (oorbetaling via a bank) 3) SNAPSCAN (selfoon) 4) Bankkaarte (masjien is in die kantoor beskikbaar) 5) Kontant (koeverte/kollekte bordjie) Ondersteun asb ook ons inisiatief vir ‘n klein ekstra inkomste deur u afval papier in ons groen Ronnie Bin te kom gooi!
ALGEMENE INLIGTING Gratis Bybels (in verskeie tale) vir verspreiding is in die kerkkantoor beskikbaar Karwag/Straatkoepons Ondersteun asb hierdie projek wat in die HELE omgewing geloots is. Koop koepons en gee dit dan vir ‘n karwag/bedelaar eerder as om geld te gee.
Verkeersrigtings Sondae: Gebruik asb Emmie Hartmannstraat as ’n TOEGANG en Alex Miller as die UITGANG.
Karwagte: Fooitjies is welkom maar.... Gooi asb die fooitjie in die houer by die deur. Dit word dan gelykop tussen hulle verdeel.
KOMMUNIKASIE: Webwerf: Besoek gerus ons webwerf by www.nggars.org.za - Alle inligting wat u moet weet / wil weet / of oor twyfel is daar beskikbaar. Facebook: NG Garsfontein sowel as die Kruisvroue het faceboek blaai. Gaan soek dit gerus.
POSDIENS: GEEN dankoffer koeverte of nuusbriewe word meer gepos nie weens die hoë finansiële implikasie. Indien u geen korrespondensie via u huis ontvang nie, is die rede dat daar nie ‘n dienswerker beskikbaar is in u omgewing nie. Alle korrespondensie is beskikbaar in die portaal.
Eredienste om na uit te sien:
Sondag, 6 Mei 2018 Erediens: 09:00 (Doop) & 18:00 Kinder & Tiener Groepe; Deurkollekte vir Tienerhuis; Teeskink: Reinette Greyling
Sondag, 13 Mei 2018 Erediens: 09:00 & 18:00 Kinder & Tiener Groepe; Teeskink: Elengos; Neem van Belydenis Foto’s
U is hartlik welkom by ons eredienste en aktiwiteite. Dr Gavin Meistre
|