Die Musiek Diensgroep bestuur alle sake wat verband hou met ons gemeente se orkeste, musiekleiers, voorsangers, aanbiddingsleiers, besoekende kunstenaars en kore, spesiale sangdienste, keuse van liedere en aanleer van nuwe liedere. Deur ons musiek wil ons bydra tot die lof van God in ons eredienste.