Hierdie is ‘n groep vroue wat weekliks bymekaar kom, Bybel lees en kreatiewe aktiwiteite beoefen. Hulle maak teddiebere, brei, maak geskenkpapier, boekies en doen “decoupage” werk. As jy iets nuuts wil aanleer en geestelik wil groei is hierdie groep die ideale plek. Kom geniet Donderdagoggende saam met hulle.