Hierdie projekte ondersteun behoeftige gemeenskappe. ‘n Hele handvol kleuterskooltjies word deur ons gemeente aan die gang gehou in plakkersgemeenskappe. Senior burgers, groentetuinprojekte, mobiele klinieke en ons “Kids Klub” baat almal by die bydraes.
Enige “rommeltjies” in jou huis kan ons gebruik: van koerante, tydskrifte, toiletrolletjies, prente en enige iets anders is van groot nut vir ons. Indien jy ons kan help met enige iets of betrokke wil raak by die uitsorteer van die skenkings, is jy meer as welkom. Ons benodig ook vrywilligers wat behulpsaam kan wees met die vervoer van die skenkings (1x per maand) na die gemeenskappe in nood. Kontak vir Gerda Joubert.