Die Netwerk Steunbediening oorsien alle steundienste in Garsfontein. Die steundienste maak dit met hulle onmisbare bydraes maklik dat die Bedieningsnetwerke hul funksies kan verrig in ooreenstemming met die visie van die gemeente.
Die Netwerk Steunbediening oorsien alle steundienste in Garsfontein. Die steundienste maak dit met hulle onmisbare bydraes maklik dat die Bedieningsnetwerke hul funksies kan verrig in ooreenstemming met die visie van die gemeente.
Diensverhoudinge Diensgroep hanteer alle sake rakende die betaalde personeel van Garsfontein. Sake soos dienskontrakte, salarisse en diensverhoudinge word hier bestuur.
Instandhouding van bestaande IT dienste: Kerkkantoor (rekenaars, epos & internet) & Gemeente web-werf (instandhouding & uitbreiding)
Ondersteuning van kerkkantoor ten opsigte van IT behoeftes:
Hulle verseker dat rugsteun in plek is;
Optimale funksionering van IT dienste:
Rekenaars, drukkers, epos & internet;
Hernuwing van tegnologie:
Vervang van rekenaars, drukkers ens; Ondersteuning van multi-media; Ondersteuning van re-kenaartoerusting; Bystand ten opsigte van vernuwing van te-gnologie; Innovering en identifisering van nuwe tegnologie wat tot voordeel van die gemeente aangewend kan word.
As jy n passie het vir IT en ons behulpsaam kan wees, kontak vir Allen van Deventer.
Die Diensgroep Fondse het die taak om alle finansiële inkomstes en uitgawes so te bestuur dat die saak van die Here ten beste daardeur bevorder kan word. Hierdie Diensgroep hou ook oorhoofs toesig oor alle fondsinsamelingsprojekte. Enige inisiatiewe rondom fondsinsamelings is welkom en u kan gerus vir Louis Bruwer kontak.
Die Diensgroep vir Kommunikasie word hoofsaaklik bedryf deur die kerkkantoorpersoneel en leraarbediening. Kommunikasie geskied gereeld by wyse van mondelinge en skriftelike afkondigings, die elektroniese Familienuus, die Garsnuus in die wyke asook deur SMS’e.
Michelle Raubenheimer hanteer die alle lidmaatskap aangeleenthede. Indien jy artikels kan skryf vir die Garsnuus, kan jy ook gerus vir Michelle kontak.
Alle finansiële sake in die kantoor word hanteer deur Helena van Tonder.
Hierdie Diensgroep hanteer alle sake rondom die kerkeiendom en tuine. Instandhouding geniet aandag en indien nodig word kwotasies ingewin en van professionele hulp gebruik gemaak.
Daar is ʼn behoefte aan mense wat kan help met praktiese instandhouding. Van tyd tot tyd benodig ons persone soos argitekte, bourekenaars, elektrisiëns, loodgieters, ens. om hand by te sit.
Die Bedryfsbestuurder is verantwoordelik vir die volgende funksies:
Fasiliteite en Batebestuur, Administratiewe Funksies, koördinering van Bediendinge en Algemene en Menslike Hulpbronbestuur. Die Bedryfsbestuurder is ook verantwoordelik vir die kostertake gedurende kantoorure.