Geleenthede word geskep waar jongmense kan groei, tuis voel en leer om hulself te wees.
Kategese in Kwartaaltyd
Peuters & Kleuters in Jeuglokaal van 09:00 – 10:00
Kruis Kids (Gr R tot Gr 6) in Gemeentesentrum en Tent van 09:00 – 10:00
Peuters, Kleuters en Gr R tot Gr 6 woon eers die erediens vir ‘n paar minute by voor hul na hul klassies verdaag.
Kruis Teens (Gr 7+) kom na die afloop van die aanddiens bymekaar.
Die Jeugwerker is verantwoordelik vir die geestelike versorg-ing van ons jong mense. Kontak haar gerus vir die registrasie van u kind by die kategese. Ons kategete en jeugleier strewe daarna om aan elke kind / jongmens ‘n geestelike tuiste te bied in groepverband.
Aktuele eredienste en verrykende geleenthede word aangebied.