Monthly Archives: Feb 2020


LYDENSTYD HET BEGIN

Die Lydenstyd (Lent) het amptelik gister begin met Aswoensdag. Komende Sondag is ons by die tweede Lydensondag. Jesus se versoeking in die woestyn vir 40 dae dien as agtergrond en patroon vir die Lydenstyd. Dit duur vir sewe weke tot en met Goeie Vrydag, waar ons Jesus se kruisdood gedenk. Op Paassondag vier ons Jesus se opstanding uit die dood en die nuwe lewe wat Hy vir ons daardeur moontlik maak. Tydens die Lydenstyd word sewe kerse doodgeblaas, elke sondag ‘n kers. Die simboliek is om geleidelik van lig na donker te......

Continue Reading


SONDER LIEFDE IS DIT TYDMORS

1 Kor 13:1 “Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword.” Liefde is ons grootste doel hier op aarde. Ons is hier geplaas om te leer om God en ander lief te hê. Paulus beskryf aan ons in 1 Kor 13 waarom die liefde die belangrikste waarde is. Sonder liefde is alles wat jy sê ondoeltreffend. Woorde sonder liefde is net geraas. Mense verwerp liefdelose woorde, maar hulle sit regop, luister en reageer op woorde wat......

Continue Reading


BLY EMOSIONEEL GESOND

BLY EMOSIONEEL GESOND

Write By:

Ek en jy het ook ‘n innerlike lewe – dit gaan oor alles wat ons dink en voel in ons binneste. Soms wys ons dit mense – soms steek ons dit weg. Meestal wys dit in ons optrede, ons gesindheid, ons woorde en dade. Emosies is die barometer van die siel. Dit wys vir ons hoe dit hier binne gaan. Dis belangrik om binnekant gesond te bly, selfs te midde van turbulensie. Daarom is dit so belangrik om ons gedagtes doelbewus te rig op die goeie dinge, die teenwoordigheid, liefde en gawes......

Continue Reading


‘N GROOT VOORBEELD OF ‘N GROOT ERFLATING

Pred 5:14: “ Self gaan hy kaal uit die wêreld uit soos hy daarin gekom het. Hy kan niks met hom saamneem vir al sy inspanning nie.” Het jy al ooit gewonder, na die dood van ‘n ryk persoon: hoeveel het hy of sy aan  hul familie agtergelaat. Soms lees ons van sulke erflatings in die koerante. Kan ek vir jou ‘n geheim vertel? Hulle het dit álles agtergelaat! As ek geen krediet gaan ontvang in die hemel vir al die skatte wat ek hier op die aarde bymekaar gemaak het nie,......

Continue Reading


css.php