SONDER LIEFDE IS DIT TYDMORS

1 Kor 13:1 “Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword.”
Liefde is ons grootste doel hier op aarde. Ons is hier geplaas om te leer om God en ander lief te hê. Paulus beskryf aan ons in 1 Kor 13 waarom die liefde die belangrikste waarde is.
- Sonder liefde is alles wat jy sê ondoeltreffend. Woorde sonder liefde is net geraas. Mense verwerp liefdelose woorde, maar hulle sit regop, luister en reageer op woorde wat in liefde uitgespreek word.
- Sonder liefde is alles wat jy weet onvolledig. 1 Kor 13:2 “Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis….maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.” Die wêreld ontplof van al die informasie en kennis. Tog word baie van ons mees basiese probleme nie opgelos nie, want die wêreld soek nie na meer kennis nie, maar na liefde.
- Sonder liefde is alles wat ek glo onvoldoende. 1 Kor 13:2 “al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.” Baie mense het die wanpersepsie dat christenskap net gaan oor die glo van sekere waarhede en leerstellinge. Die vraag is egter: het jy Jesus lief? Besef jy dat Hy jou liefhet? Christenskap gaan daaroor dat ek Christus se liefde sal ervaar – en om te leer om soos Hy lief te hê.
- Sonder liefde is alles wat jy gee betekenisloos. 1 Kor 13:3 “Al deel ek al wat ek het aan ander uit…maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.” Daar is allerhande motiveringe waarom mense gee, soos ‘n gevoel van verpligting, prestige of skuld. Net omdat jy gee beteken nie dat jy dit doen in liefde nie. Jy kan gee sonder om lief te hê, maar jy kan nie liefhê sonder om te gee nie.
- Sonder liefde is alles wat jy bereik onvoldoende. 1 Kor 13:3 “al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan roem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.” Jy kan baie prestasies behaal het in hierdie lewe. Jy kan selfs jou lewe offer vir die Koninkryk van God, maar sonder liefde is dit ‘n vermorste poging. Jy kan die gawe hê om welsprekend te wees, die kennis van ‘n genie, die geloof van ‘n wonderwerker, die vrygewigheid van ‘n filantroop, die toewyding van ‘n martelaar – maar as jy nie liefde het nie, tel dit absoluut niks. Die goeie nuus is egter – jy kan ander liefhê omdat God jou eerste liefgehad het. Soos wat jy leef binne sy liefde sal Hy jou help om ander lief te hê. Wanneer jy nader aan Hom beweeg, sal jou vermoë om lief te hê toeneem. Hy maak dit moontlik om hierdie roeping tot liefde vir ander uit te leef.
Recommended Posts

Bemoedig sodat ons ander kan bemoedig!
01/07/2021

Kyk weer ‘n slag na die sterre!
24/06/2021

Mag alles wat ons sê en doen……
04/06/2021

Recent Posts

Bemoedig sodat ons ander kan bemoedig!
01/07/2021

Kyk weer ‘n slag na die sterre!
24/06/2021

Mag alles wat ons sê en doen……
04/06/2021

Die finale gesag in jou lewe
15/04/2021

Vuurwarm Harte!
08/04/2021

Koester selektiewe herinneringe!
18/03/2021

Wat doen jy in ‘n storm?
04/03/2021

Jeugleierspos!
01/03/2021

VERKEER JOU VRIEND / VRIENDIN IN PYN?
25/02/2021

Wêreldbiddag vir Vroue!
23/02/2021

Wêreldbiddag vir Mans!
23/02/2021

Wag op die Here!
19/02/2021

JOSHUA NA DIE REëN
20/11/2020

Daaglikse Oordenking (14 Okt 2020)
15/10/2020

Daaglikse Oordenking (5 Oktober 2020)
05/10/2020

Basaar 2020!
30/09/2020

Gebedsbediening!
30/09/2020

Diamante Jaarafsluiting!
29/09/2020

God voorsien in my behoeftes!
10/09/2020

Heropening van Eredienste!
01/09/2020

BASAAR 2020!
27/08/2020

Daaglikse Oordenking (12 Augustus 2020)
13/08/2020

Daaglikse Oordenking (7 Augustus 2020)
12/08/2020

Daaglikse Oordenking (10 Augustus 2020)
12/08/2020

JY WORD ELKE DAG DEUR IETS BEHEER
30/07/2020

Daaglikse Oordenking (22 Julie 2020)
23/07/2020

Daaglikse oordenking (20 Julie 2020)
20/07/2020

Daaglikse oordenking (17 Julie 2020)
17/07/2020

JOU TONG PRAAT DIE TAAL VAN JOU HART
16/07/2020

Daaglikse Oordenking (15 Julie 2020)
16/07/2020

Daaglikse oordenking (10 Julie 2020)
10/07/2020

Lockdown-Woede!
09/07/2020

Daaglikse oordenking (6 Julie 2020)
06/07/2020

Daaglikse oordenking (3 Julie 2020)
03/07/2020

Daaglikse oordenking (1 Julie 2020)
02/07/2020

Ons geloof word getoets!
02/07/2020

Daaglikse oordenking (29 Junie 2020)
30/06/2020

Daaglikse oordenking (26 Junie 2020)
26/06/2020

Daaglikse oordenking (24 Junie 2020)
24/06/2020

Daaglikse oordenking (22 Junie 2020)
22/06/2020

Daaglikse oordenking (21 Junie 2020)
19/06/2020

Blaf jy by die regte boom?
18/06/2020

Daaglikse oordenking (17 Junie 2020)
18/06/2020

Daaglikse oordenking (15 Junie 2020)
16/06/2020

Daaglikse oordenking (12 Junie 2020)
12/06/2020

Daaglikse oordenking (10 Junie 2020)
11/06/2020

Gereed dat God jou kan gebruik!
11/06/2020

Daaglikse oordenking (8 Junie 2020)
08/06/2020

Daaglikse oordenking (3 Junie 2020)
04/06/2020

Daaglikse oordenking (1 Junie 2020)
02/06/2020

Stap saam met die Gees!
28/05/2020

IS JY ‘N “WORRY-ER”?
21/05/2020

Geloof en emosionele gesondheid!
14/05/2020

ONS HOOP OP GOD SE GOEDHEID
07/05/2020
ONS HET MEKAAR NODIG
30/04/2020

‘n Sterk fondament!
28/04/2020

Ons stap deur die vallei!
16/04/2020

Wat maak Paasfees 2020 so spesiaal?
09/04/2020

In ons krisis!
02/04/2020

Jy word vasgehou!
31/03/2020

Geestelike hand-higiëne!
18/03/2020

Garsfontein Gemeente se Plan van aksie!
16/03/2020

Vertrou God se doel!
13/03/2020

DIE MISTERIE VAN MY BESTAAN
05/03/2020

LYDENSTYD HET BEGIN
27/02/2020

SONDER LIEFDE IS DIT TYDMORS
20/02/2020

BLY EMOSIONEEL GESOND
13/02/2020

‘N GROOT VOORBEELD OF ‘N GROOT ERFLATING
06/02/2020

Vyf Kernwaarhede wat jou sal vry maak!
14/11/2019

Dis ons almal se basaar!
15/08/2019

SOMS MOET JY “NEE” SÊ
01/08/2019

Basaar – 23 Augustus 2019
03/07/2019

POPI Wet
02/08/2021