SONDER LIEFDE IS DIT TYDMORS
1 Kor 13:1 “Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword.”
Liefde is ons grootste doel hier op aarde. Ons is hier geplaas om te leer om God en ander lief te hê. Paulus beskryf aan ons in 1 Kor 13 waarom die liefde die belangrikste waarde is.
- Sonder liefde is alles wat jy sê ondoeltreffend. Woorde sonder liefde is net geraas. Mense verwerp liefdelose woorde, maar hulle sit regop, luister en reageer op woorde wat in liefde uitgespreek word.
- Sonder liefde is alles wat jy weet onvolledig. 1 Kor 13:2 “Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis….maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.” Die wêreld ontplof van al die informasie en kennis. Tog word baie van ons mees basiese probleme nie opgelos nie, want die wêreld soek nie na meer kennis nie, maar na liefde.
- Sonder liefde is alles wat ek glo onvoldoende. 1 Kor 13:2 “al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.” Baie mense het die wanpersepsie dat christenskap net gaan oor die glo van sekere waarhede en leerstellinge. Die vraag is egter: het jy Jesus lief? Besef jy dat Hy jou liefhet? Christenskap gaan daaroor dat ek Christus se liefde sal ervaar – en om te leer om soos Hy lief te hê.
- Sonder liefde is alles wat jy gee betekenisloos. 1 Kor 13:3 “Al deel ek al wat ek het aan ander uit…maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.” Daar is allerhande motiveringe waarom mense gee, soos ‘n gevoel van verpligting, prestige of skuld. Net omdat jy gee beteken nie dat jy dit doen in liefde nie. Jy kan gee sonder om lief te hê, maar jy kan nie liefhê sonder om te gee nie.
- Sonder liefde is alles wat jy bereik onvoldoende. 1 Kor 13:3 “al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan roem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.” Jy kan baie prestasies behaal het in hierdie lewe. Jy kan selfs jou lewe offer vir die Koninkryk van God, maar sonder liefde is dit ‘n vermorste poging. Jy kan die gawe hê om welsprekend te wees, die kennis van ‘n genie, die geloof van ‘n wonderwerker, die vrygewigheid van ‘n filantroop, die toewyding van ‘n martelaar – maar as jy nie liefde het nie, tel dit absoluut niks. Die goeie nuus is egter – jy kan ander liefhê omdat God jou eerste liefgehad het. Soos wat jy leef binne sy liefde sal Hy jou help om ander lief te hê. Wanneer jy nader aan Hom beweeg, sal jou vermoë om lief te hê toeneem. Hy maak dit moontlik om hierdie roeping tot liefde vir ander uit te leef.
Recommended Posts
Bemoedig sodat ons ander kan bemoedig!
01/07/2021
Kyk weer ‘n slag na die sterre!
24/06/2021
Mag alles wat ons sê en doen……
04/06/2021

Recent Posts
Bemoedig sodat ons ander kan bemoedig!
01/07/2021
Kyk weer ‘n slag na die sterre!
24/06/2021
Mag alles wat ons sê en doen……
04/06/2021
Die finale gesag in jou lewe
15/04/2021
Vuurwarm Harte!
08/04/2021
Koester selektiewe herinneringe!
18/03/2021
Wat doen jy in ‘n storm?
04/03/2021
Jeugleierspos!
01/03/2021
VERKEER JOU VRIEND / VRIENDIN IN PYN?
25/02/2021
Wêreldbiddag vir Vroue!
23/02/2021
Wêreldbiddag vir Mans!
23/02/2021
Wag op die Here!
19/02/2021
JOSHUA NA DIE REëN
20/11/2020
Daaglikse Oordenking (14 Okt 2020)
15/10/2020
Daaglikse Oordenking (5 Oktober 2020)
05/10/2020
Basaar 2020!
30/09/2020
Gebedsbediening!
30/09/2020
Diamante Jaarafsluiting!
29/09/2020
God voorsien in my behoeftes!
10/09/2020
Heropening van Eredienste!
01/09/2020
BASAAR 2020!
27/08/2020
Daaglikse Oordenking (12 Augustus 2020)
13/08/2020
Daaglikse Oordenking (7 Augustus 2020)
12/08/2020
Daaglikse Oordenking (10 Augustus 2020)
12/08/2020
JY WORD ELKE DAG DEUR IETS BEHEER
30/07/2020
Daaglikse Oordenking (22 Julie 2020)
23/07/2020
Daaglikse oordenking (20 Julie 2020)
20/07/2020
Daaglikse oordenking (17 Julie 2020)
17/07/2020
JOU TONG PRAAT DIE TAAL VAN JOU HART
16/07/2020
Daaglikse Oordenking (15 Julie 2020)
16/07/2020
Daaglikse oordenking (10 Julie 2020)
10/07/2020
Lockdown-Woede!
09/07/2020
Daaglikse oordenking (6 Julie 2020)
06/07/2020
Daaglikse oordenking (3 Julie 2020)
03/07/2020
Daaglikse oordenking (1 Julie 2020)
02/07/2020
Ons geloof word getoets!
02/07/2020
Daaglikse oordenking (29 Junie 2020)
30/06/2020
Daaglikse oordenking (26 Junie 2020)
26/06/2020
Daaglikse oordenking (24 Junie 2020)
24/06/2020
Daaglikse oordenking (22 Junie 2020)
22/06/2020
Daaglikse oordenking (21 Junie 2020)
19/06/2020
Blaf jy by die regte boom?
18/06/2020
Daaglikse oordenking (17 Junie 2020)
18/06/2020
Daaglikse oordenking (15 Junie 2020)
16/06/2020
Daaglikse oordenking (12 Junie 2020)
12/06/2020
Daaglikse oordenking (10 Junie 2020)
11/06/2020
Gereed dat God jou kan gebruik!
11/06/2020
Daaglikse oordenking (8 Junie 2020)
08/06/2020
Daaglikse oordenking (3 Junie 2020)
04/06/2020
Daaglikse oordenking (1 Junie 2020)
02/06/2020
Stap saam met die Gees!
28/05/2020
IS JY ‘N “WORRY-ER”?
21/05/2020
Geloof en emosionele gesondheid!
14/05/2020
ONS HOOP OP GOD SE GOEDHEID
07/05/2020
ONS HET MEKAAR NODIG
30/04/2020
‘n Sterk fondament!
28/04/2020
Ons stap deur die vallei!
16/04/2020
Wat maak Paasfees 2020 so spesiaal?
09/04/2020
In ons krisis!
02/04/2020
Jy word vasgehou!
31/03/2020
Geestelike hand-higiëne!
18/03/2020
Garsfontein Gemeente se Plan van aksie!
16/03/2020
Vertrou God se doel!
13/03/2020
DIE MISTERIE VAN MY BESTAAN
05/03/2020
LYDENSTYD HET BEGIN
27/02/2020
SONDER LIEFDE IS DIT TYDMORS
20/02/2020
BLY EMOSIONEEL GESOND
13/02/2020
‘N GROOT VOORBEELD OF ‘N GROOT ERFLATING
06/02/2020
Vyf Kernwaarhede wat jou sal vry maak!
14/11/2019
Dis ons almal se basaar!
15/08/2019
SOMS MOET JY “NEE” SÊ
01/08/2019
Basaar – 23 Augustus 2019
03/07/2019
POPI Wet
02/08/2021