Monthly Archives: Mar 2020


Jy word vasgehou!

Die afgelope paar weke is die wêreld behoorlik omgekeer. Ons probeer uitpluis hoe ons die volgende drie weke gaan hanteer. Hoe sal ons sosiale afstand kan handhaaf? Wat gaan die impak op ons almal wees – ons was nog nie in so ‘n situasie nie. Dit is nou ons beurt in Suid-Afrika. Nie een van ons is opgelei of regtig presies voorbereid om so iets te hanteer nie. Ons leraars het ook nog nie bedien in so ‘n uitsonderlike tyd nie. Vrees is oral in die lug – almal is op hete......

Continue Reading


Geestelike hand-higiëne!

COVID-19 – Uitdaging of geleentheid? Liewe Garsfontein gemeentefamilie Op 15 Maart 2020, het president Cyril Ramaphosa,  ‘n dringende oproep tot alle Suid Afrikaners gerig om saam te werk in die stryd teen die Corona-Virus (COVID-19). Een van die maatreëls wat ingestel is, is ‘n algehele verbod op samekomste wat meer as 100 mense behels, aangesien sosiale distansiëring een van die doeltreffendste voorsorgmaatreëls vir die verspreiding van die COVID-19 virus is. As geloofsfamilie, is ons gemeente by hierdie oproep ingesluit en is die welstand van alle mense vir ons belangrik. Hierdie maatreëls hou......

Continue Reading


Garsfontein Gemeente se Plan van aksie!

Ons groet al ons gemeentelede, In die lig van President Ramaphosa se aankondiging gisteraand aan Suid-Afrika rakende die Covid-19 virus, het die Leraarbediening vanmôre besluit om die volgende interimreëlings bekend te maak rakende ons gemeentelike byeenkomste vir die volgende maand. Dis vir ons as gemeente belangrik om in te val by die noodmaatreëls soos aangekondig deur die President, ter wille van ons almal se algehele welsyn. Ons het geoordeel dat dit ook belangrik is om gedurende hierdie tyd as gemeente bymekaar te kom by eredienste, sodat ons mekaar kan bemoedig en vir mekaar, ons......

Continue Reading


Vertrou God se doel!

In die lydenstyd word ons opnuut bewus van Jesus se weg van lyding. Sy lyding herinner ons ook aan ons eie lyding. Ons eie lyding wissel van mens tot mens. Dis belangrik om altyd te onthou: vertrou God se doel met jou lewe in die moeilikste tye. God se doel met jou lewe is altyd groter as jou probleme. “Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en......

Continue Reading


DIE MISTERIE VAN MY BESTAAN

“Die Here het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met ’n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.”  (Jer 31:3) In die Lydenstyd word ek bewus van my eie verganklikheid, dat my fisiese bestaan op aarde, my tydelik en sterflik is. Maar ek word ook aan die ander kant bewus van my onverganklikheid. Ek omarm albei hierdie werklikhede – hierdie twee saam is deel van die misterie van my lewe en bestaan hier op aarde. Hoe meer ek daaroor nadink, hoe meer word ek bewus......

Continue Reading


css.php