ONS HET MEKAAR NODIG
Write By:Dr Gavin Meistre
God het vir ons twee “boeke” gegee om te lees: die natuur en in die Skriftuur. Psalm 19 sê dit baie mooi. Ons leer so baie van God deur albei hierdie “boeke” te lees. Toe jy laas ‘n draai gaan maak het in die wildtuin, die berge of by die see, het jy met soveel nuwe insigte teruggekom en besef: ons het ‘n wonderbare Skepper wat alles so goed geskep het. Alles werk so meesterlik saam. Ons glo dat die Skepper ook in hierdie tyd in beheer is van sy skepping en......
Continue Reading
‘n Sterk fondament!
Write By:Dr Gavin Meistre
Hierdie tyd verg ‘n geloofshuis met ‘n stewige fondament. Die winde waai, die storms woed – en my geloofshuis moet hou. Ons voel onseker oor baie dinge. Ons beleef soms emosies wat ons ondertoe wil trek, na wanhoop en moedeloosheid. Elkeen van ons beleef dit anders. Vir sommige is dit ‘n tyd van rus en ontspanning. Vir ander pak die donker wolke saam as hulle dink oor hoe hulle vorentoe moet oorleef. My geloofshuis het ‘n sterk en stewige fondament nodig. Vir die goeie tye en vir die Covid-19 tye. Ons moet......
Continue Reading
Op Dag 21 van die inperking is die hele storie nie meer so snaaks nie… So voel baie van ons altans – juis omdat dit so onnatuurlik is om ontneem te word van normale beweegruimte. Ons breine en liggame soek daardie uitbeweeg, rondbeweeg en ruimtelike diepte-perspektiewe om ons. Ons wil nie net naby sien nie, ons wil ook ver sien, maar nou kan ons nie altyd nie. Dis hoe ons gemaak is – om spontaan te leef en te beweeg. Die eerste week het dit amper soos ‘n vakansie gevoel en was......
Continue Reading
So baie dinge is in hierdie tyd gekanselleer. Maar Paasnaweek gaan onverpoost wêreldwyd voort. Geen regering kan dit kanselleer nie. Niks kan ons Paasfeesvieringe in hierdie tyd in die wiele ry nie. Trouens, nou vier ons Paasfees soos wat die Pasga in die Ou Testament in Egipte by die volk van God begin het – elke gelowige gesin bymekaar! Is dit nie veelseggend dat Paasfees te midde van hierdie unieke tyd van COVID-19 plaasvind nie! Ons word nou gedwing om tot stilstand te kom – om na te dink oor ons eie......
Continue Reading
In ons krisis!
Write By:Dr Gavin Meistre
Ons almal beleef krisisse van tyd tot tyd: rondom ons gesondheid, verhoudinge en werk ensomeer. Krisisse kan ook ontstaan rondom natuurrampe soos droogte, vloede, wegholbrande, aardbewings, en nou ‘n griep pandemie wat veroorsaak word deur Covid-19. Al is dit soms die laaste ding wat ek wil doen, is dit egter die eerste ding wat ek moet doen: BID! Gebed kan nie ‘n laaste uitweg wees nie – dis altyd die eerste uitweg! Dis nou die tyd om ons in te oefen rondom die geloofsgewoonte van gebed. Jesus het tydens sy lydensweg intieme......
Continue Reading