Monthly Archives: May 2020


Stap saam met die Gees!

Hierdie sondag vier ons die koms van die Heilige Gees na die aarde. Wat ‘n besondere dag vir die kerk van Jesus  – en vir elke gelowige. Sonder die Gees kan ons nie geestelik bestaan nie. Ons het Hom nodig met elke tree wat ons neem agter Jesus aan. Dis Hy wat ons bekragtig vir elke taak en uitdaging. Hy help ons om deur donker tye te beweeg, soos nou.  Hy help ons ook om ontslae te raak van negatiewe dinge en gewoontes in ons. Dit laat my dink aan die woorde......

Continue Reading


IS JY ‘N “WORRY-ER”?

Vandag vier ons die hemelvaart van Jesus. Hy het ons nie aan ons eie lot oorgelaat nie, want Hy het dadelik reëlings getref om sy Gees te stuur. Vader, Seun en Gees is by ons, midde-in ons huidige omstandighede.  Ja, Covid-19 het ons skielik oorrompel. Ons het skaars Kersfees en Nuwejaar gevier, toe is hy op ons …en bekommernis is besig om sy tol te eis. Hier is die statistieke in die VSA – soos saamgestel deur die American Psychiatric Association. Amper die helfte van Amerikaners is angstig dat hulle dalk die......

Continue Reading


Geloof en emosionele gesondheid!

Moenie in hierdie tyd emosioneel uitbrand nie. Hou jou tenkie vol en jou lewensvuurtjie aan die gang. Moenie opgee in moeilike tye nie.  “Don’t burn out! Keep yourselves fuelled and aflame . . . Don’t quit in hard times; instead pray all the harder.” Romans 12:11-12 (The Message). Hoe lyk ‘n geloof wat lei tot emosionele gesondheid gedurende Covid-19?  Kyk na hierdie volgende riglyne: Betoon genade teenoor jouself en ander Jak 4:6: “Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy:”God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”......

Continue Reading


ONS HOOP OP GOD SE GOEDHEID

Vir almal van ons was die afgelope weke vol onsekerheid en stres. Ons is bekommerd oor hierdie ongenaakbare siekte. Ons het ‘n goeie vriend in Engeland wat dit opgedoen het. Hy het by die dood omgedraai. Die wonderwerk is dat sy vrou wat hom versorg het dit nie opgedoen het nie. Ons is ook bekommerd oor die ekonomiese uitdagings wat hierdie pandemie inhou. Ons is bekommerd oor die wysheid en sin van die staat se eindelose mikro-bestuur benadering in hierdie tyd. Indien ons die hoogtepunt eers in September gaan bereik, wag daar......

Continue Reading


css.php