Geloof en emosionele gesondheid!
Moenie in hierdie tyd emosioneel uitbrand nie. Hou jou tenkie vol en jou lewensvuurtjie aan die gang. Moenie opgee in moeilike tye nie. “Don’t burn out! Keep yourselves fuelled and aflame . . . Don’t quit in hard times; instead pray all the harder.” Romans 12:11-12 (The Message). Hoe lyk ‘n geloof wat lei tot emosionele gesondheid gedurende Covid-19? Kyk na hierdie volgende riglyne:
- Betoon genade teenoor jouself en ander
Jak 4:6: “Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy:”God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”
- Begin en eindig elke dag deur jou tenk weer vol te maak
Neem ootmoedig die Woord van God aan wat Hy in jou geplant het, want die Woord red ons (Jak 1:21). Dank God elke oggend vir sy liefde en elke aand vir sy getrouheid (Ps 91:2).
- Hou by ‘n eenvoudige roetine
“Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd” (Efes 5:15-16).
- Hou op om so baie nuus kyk nie
Matt 6:22-23: “Die lamp van die liggaam is die oog. As die oog goed is, sal jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As die lig in jou donker is, hoe donker moet dit dan nie wees nie!” Ps 119:37: ”Weerhou my van ‘n nuttelose lewe…”
- Skeduleer ‘n gereelde verbintenis met mense wat jy liefhet
1 Tess 5:11: “Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde.” “Speak encouraging words to each another. Build up hope so you’ll all be together in this, with no one left out, and no one left behind. I know you’re already doing this; just keep on doing it!” (The Message).
- Deel jou gevoelens in plaas daarvan om ‘n prop daarop te sit
Gal 6:2: “Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.” Jak 5:16: “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.”
- Soek advies voordat jy groot besluite moet neem
Spr 15:22: “Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is.” Spr 11:14: “redding lê in baie raadgewers”.
- Maak plek vir vernuwingsmomente deur jou dag
Jes 40:30-31: “Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.”
- Dien iemand wat meer ly as jy
Jak 1:27: “Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.” Spr 11:25: “Wie ‘n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.”
- Beheer die beheerbare en laat die res aan God oor
Jak 2:22 – tov Abraham: “Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaardgegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het.”
Hou jouself innerlik gesond – kyk mooi na jouself!
Recommended Posts
POPI Wet
02/08/2021
Bemoedig sodat ons ander kan bemoedig!
01/07/2021
Kyk weer ‘n slag na die sterre!
24/06/2021