Monthly Archives: Mar 2021


God gebruik selfs die foute wat ek begaan het....

Rom 8:28: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” Kom ons wees maar eerlik  – ek en jy kan maar simpel goed aanvang van tyd tot tyd. Ons begaan baie foute. Maar daar is niks wat jy kan doen wat buite God se kapasiteit val om selfs dit tot sy guns te gebruik nie. Ons maak foute, maar God nie. Wanneer ons foute begaan, kan God ook dit laat inpas ten goede. Hierdie is egter nie ‘n belofte......

Continue Reading


Koester selektiewe herinneringe!

Paulus het ‘n besondere verhouding met Filippi gemeente gehad. Daar het ‘n vrou met die naam van Lidia, asook andere hul huise vir Paulus oopgemaak toe hy in die stad aangekom het. Die Filippi gemeente het ook gehelp om by te dra tot Paulus se sendingreise. In Fil 1 dank Paulus die Here elke keer as hy aan die mense van Filippi dink, ook omdat hulle van die eerste dag af saam met hom gewerk het aan die verkondiging van die evangelie. Wat interessant is, is dat die stad Filippi eintlik nie......

Continue Reading


Wat doen jy in 'n storm?

Matt 14:30 beskryf hoe Petrus gereageer het toe hy die geweldige wind ervaar toe hy na Jesus toe loop op die water. Hy het bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!” Wanneer jy deur ‘n storm gaan moet jy onthou dat God nooit ver is nie – Hy is ook nie onbetrokke nie. Hy is by jou en Hy is besig om te werk in jou lewe tot jou beswil. Wat kan ek doen wanneer ek voel dat ek besig is om te sink in die storm? Behou goeie......

Continue Reading


Jeugleierspos!

Jeugleierspos!

Vakature:  Jeugleier Aansoeke word ingewag vir die vul van ‘n pos as Jeugleier by NG GEMEENTE GARSFONTEIN. KANDIDAAT SE PROFIEL: ‘n Persoon van deurleefde spiritualiteit. Toepaslike kwalifikasie en bewese ondervinding met kinder- en jeugwerk. ’n Passie en gawe om kinders en jongmense te begelei, te betrek en te vorm om in ‘n verhouding met Jesus Christus te staan. Oor kommunikasievaardighede beskik wat die kandidaat in staat stel om effektief met kinders, jongmense en hul ouers te kommunikeer en in te skakel. Beskik oor goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede. Vermoë om in spanverband......

Continue Reading


css.php