Jeugleierspos!
Vakature: Jeugleier
Aansoeke word ingewag vir die vul van ‘n pos as Jeugleier by NG GEMEENTE GARSFONTEIN.
KANDIDAAT SE PROFIEL:
- ‘n Persoon van deurleefde spiritualiteit.
- Toepaslike kwalifikasie en bewese ondervinding met kinder- en jeugwerk.
- ’n Passie en gawe om kinders en jongmense te begelei, te betrek en te vorm om in ‘n verhouding met Jesus Christus te staan.
- Oor kommunikasievaardighede beskik wat die kandidaat in staat stel om effektief met kinders, jongmense en hul ouers te kommunikeer en in te skakel.
- Beskik oor goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede.
- Vermoë om in spanverband te werk.
- Begrip vir die visie, waardes, kultuur en etos van die gemeente.
- ‘n Teologiese student (of Proponent) wat beskik oor preekvergunning sal gunstig na gekyk word.
- Die pos is onderhewig aan ‘n ses maande proeftydperk, waarna ‘n permanente aanstelling oorweeg sal word aan die hand van prestasie-evaluering.
POSBESKRYWING:
- Bestuur en organisering van Junior en Senior Jeugbediening.
- Verantwoordelik vir die beplanning, voorbereiding en uitvoering van alle aktiwiteite wat met die junior en senior jeug verband hou, in oorleg met Jeugbediening en leraars.
- Hulp met administratiewe reëlings t.o.v kampe, uitstappies, kategese en eredienste.
- Kommunikasie met leraars, jeugleiers, kategete, kinders en ouers.
SALARIS EN ANDER VOORDELE:
- Salaris : R110 000 per jaar (onderhandelbaar), 60 werksure per maand.
- Verlof: Volgens Wet op Basiese Diensvoorwaardes, wat geneem moet word tydens skoolvakansies, tensy daar ‘n kamp / uitreik tydens ‘n vakansie gereël is waarvy die Jeugleier betrokke moet wees.
AANSOEKE:
Aansoeke word ingedien aan die hand van die nodige aansoekvorm (verkrygbaar by Kerkkantoor). Kandidate moet beskikbaar wees vir aanlyn psigometriese evaluering en ‘n onderhoud. Aansoeke moet per e-pos gerig word aan: Die Bedryfsbestuurder, NG Garsfontein, admin@nggars.org.za
NAVRAE:
Michelle Raubenheimer: 082 057 8370
SLUITINGSDATUM: 20 Maart 2021
DIENSAANVAARDING: 1 Mei 2021
Recommended Posts
POPI Wet
02/08/2021
Bemoedig sodat ons ander kan bemoedig!
01/07/2021
Kyk weer ‘n slag na die sterre!
24/06/2021