Ons almal kan doen met bietjie bemoediging in die tye waarin ons onsself bevind. Die voortslepende COVID pandemie het aanvanklik grootliks ‘n fisiese en finansiële tol geeïs, maar hoe langer dit voortduur word die emosionele letsels daarvan al meer duidelik. Dalk is dit by jou wat hierdie lees ook die geval. Moedeloos, wanhopig, gefrustreerd, kort van draad, bekommerd, hartseer – hierdie is woorde wat al meer gebruik word as antwoord op die vraag: “Hoe gaan dit daar by julle?” In die tweede Korintiërs brief, skryf Paulus aan die gelowiges in Korinte, wat......
Continue Reading
Wanneer laas het jy op jou rug gelê en sterre kyk? Vanweë die veiligheid hier in die stad, asook die koue van die winter, sluit ons onsself veilig agter slot en grendel toe, en kuier veel eerder voor ‘n warm kaggelvuurtjie – vir sterrekyk is daar nie veel tyd nie. Maar dalk is dit juis nou nodig om jou warm baadjie aan te trek, die buitelig af te sit, en met ‘n warm beker koffie/tee/milo vir ‘n tydjie buite te gaan sit en net die sterre te bewonder. Jy sien – heelwat......
Continue Reading
Daar is ‘n gesegde wat lui: “Humankind has not woven the web of life. We are but one thread within it. Whatever we do to the web, we do to ourselves. All things are bound together. All things connect.” Hierdie aanhaling vertel vir ons ‘n belangrike lewenswaarheid – jou lewe en wie jy is, het op een of ander manier ‘n impak op jouself en ander se lewensgeluk en welstand. Nog meer – selfs deur niks te doen nie, het jy ‘n impak op jouself en ander. Want ons stories is onlosmaaklik......
Continue Reading
Jer 17:9 praat oor die hart van die mens: “Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?” Hierdie woorde van Jeremia herinner ons aan die vloeibaarheid en wisselvalligheid van die hart van die mens. Daar is een fundamentele vraag in die lewe wat kop en skouers bó ander uitstaan: Waar lê die finale gesag in jou lewe? By wie of wat lê die finale sê in jou lewe? Is dit jou ouers? Jou kollegas? Jou vriende? Jou beroep? Die boeke wat jy lees, die koerant? Die......
Continue Reading
Vuurwarm Harte!
Write By:Dr Gavin Meistre
Wanneer laas was jou hart vuurwarm aan die brand? Dalk , voel jy, is daar tans geen rede waarom jou hart vuurwarm moet wees nie. Inteendeel – daar is soveel rede waarom jou hart koud en swaar is. Jy voel glad nie lekker vandag nie! Luk 24 vertel van twee manne wat oppad was na Emmaus, so 12 km vanaf Jerusalem. Hulle liggaam en gees is uitgeput – daar het net te veel dinge gebeur die afgelope tyd wat hul hoop en verwagtinge geskok het. Hulle kon nie al die spanning en......
Continue Reading
Rom 8:28: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” Kom ons wees maar eerlik – ek en jy kan maar simpel goed aanvang van tyd tot tyd. Ons begaan baie foute. Maar daar is niks wat jy kan doen wat buite God se kapasiteit val om selfs dit tot sy guns te gebruik nie. Ons maak foute, maar God nie. Wanneer ons foute begaan, kan God ook dit laat inpas ten goede. Hierdie is egter nie ‘n belofte......
Continue Reading
Paulus het ‘n besondere verhouding met Filippi gemeente gehad. Daar het ‘n vrou met die naam van Lidia, asook andere hul huise vir Paulus oopgemaak toe hy in die stad aangekom het. Die Filippi gemeente het ook gehelp om by te dra tot Paulus se sendingreise. In Fil 1 dank Paulus die Here elke keer as hy aan die mense van Filippi dink, ook omdat hulle van die eerste dag af saam met hom gewerk het aan die verkondiging van die evangelie. Wat interessant is, is dat die stad Filippi eintlik nie......
Continue Reading
“Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur.” (Rom 12:15) In die Message staan dit so: “Laugh with your happy friends when they’re happy; share tears when they’re down.” Daar is nou baie mense om ons wat treur en pyn ervaar. Hoe kan ek en jy help? Dalk ervaar jy wat hier lees jou eie pyn vandag. Daar is iets interessants rondom pyn en vreugde. Wanneer jy vreugde deel, word dit verdubbel. Maar dis die teenoorgestelde met pyn. Wanneer jy jou seer en pyn deel,......
Continue Reading