COVID-19 – Uitdaging of geleentheid? Liewe Garsfontein gemeentefamilie Op 15 Maart 2020, het president Cyril Ramaphosa, ‘n dringende oproep tot alle Suid Afrikaners gerig om saam te werk in die stryd teen die Corona-Virus (COVID-19). Een van die maatreëls wat ingestel is, is ‘n algehele verbod op samekomste wat meer as 100 mense behels, aangesien sosiale distansiëring een van die doeltreffendste voorsorgmaatreëls vir die verspreiding van die COVID-19 virus is. As geloofsfamilie, is ons gemeente by hierdie oproep ingesluit en is die welstand van alle mense vir ons belangrik. Hierdie maatreëls hou......
Continue Reading
Ons groet al ons gemeentelede, In die lig van President Ramaphosa se aankondiging gisteraand aan Suid-Afrika rakende die Covid-19 virus, het die Leraarbediening vanmôre besluit om die volgende interimreëlings bekend te maak rakende ons gemeentelike byeenkomste vir die volgende maand. Dis vir ons as gemeente belangrik om in te val by die noodmaatreëls soos aangekondig deur die President, ter wille van ons almal se algehele welsyn. Ons het geoordeel dat dit ook belangrik is om gedurende hierdie tyd as gemeente bymekaar te kom by eredienste, sodat ons mekaar kan bemoedig en vir mekaar, ons......
Continue Reading
Dis basaartyd!
Write By:Dr Gavin Meistre
More is dit basaartyd in Garsfontein! Dis een van die lekkerste kuiergeleenthede van ons gemeente. Daar is natuurlik ander kuiergeleenthede wat ook baie lekker is, maar hierdie een is besonders. Al word daar hard gewerk en hard gekuier, gebeur dit altyd met uitbundige vreugde. Want die lewe is ‘n fees en moet ook altyd ‘n fees bly, al gaan dit soms hoe swaar. Die geheim is juis om te midde van die swaar nie die goeie dinge te vergeet in die lewe nie. Kom deel jou vreugde met ons more! Kom ons......
Continue Reading
Ons Fokus
Write By:Michelle Raubenheimer
Ons fokus is om ‘n omgee-gemeente te wees, waar daar plek vir die hele gesin is, om geestelik te groei en hul gawes te gebruik tot eer van die Here! Ons wil saam as familie geestelik groei, omgee vir mekaar en ‘n verskil maak!...
Continue Reading