Tag: Garsfontein Gemeente


Ons geloof word getoets!

Ons geloof word getoets in hierdie tyd. Ons gelowiges neem deel aan een van die grootste eksamens van ons lewens. Ons is in die skool van Jesus en ons skryf nou toets op toets. Gaan ons ons eie geestelike matriekeksamen slaag in hierdie tyd? Soms ervaar ons dat ons ons geloofstoetse erg dop. Ons besef ons swakheid en gebrokenheid. Ander kere is dit so ‘n wonderlike oorwinningsgevoel as ons deurkom, omdat ons daardie harde lesse goed geleer het. Ons begin nou agterkom hoe ons sekere situasies kan hanteer. Ons het die toets......

Continue Reading


Gereed dat God jou kan gebruik!

Ja selfs in hierdie uitsondelike tyd wil die Here jou gebruik. Ons sien dit oral om ons. Sommige mense reageer selfsugtig en skerm net vir hulself. Hulle gaan sit in ‘n hoekie, sien net die probleme raak  en kry hulleself jammer. Die Here kan hulle nie gebruik nie. Andere sien die geleenthede en nood om hulle raak en word instrumente in die hand van die Here. Hulle bly waaksaam en nugter en koop die tyd uit om ander om hulle by te staan. Dit is wat die Here se volgelinge doen. Diep......

Continue Reading


ONS HOOP OP GOD SE GOEDHEID

Vir almal van ons was die afgelope weke vol onsekerheid en stres. Ons is bekommerd oor hierdie ongenaakbare siekte. Ons het ‘n goeie vriend in Engeland wat dit opgedoen het. Hy het by die dood omgedraai. Die wonderwerk is dat sy vrou wat hom versorg het dit nie opgedoen het nie. Ons is ook bekommerd oor die ekonomiese uitdagings wat hierdie pandemie inhou. Ons is bekommerd oor die wysheid en sin van die staat se eindelose mikro-bestuur benadering in hierdie tyd. Indien ons die hoogtepunt eers in September gaan bereik, wag daar......

Continue Reading


God het vir ons twee “boeke” gegee om te lees: die natuur en in die Skriftuur. Psalm 19 sê dit baie mooi. Ons leer so baie van God deur albei hierdie “boeke” te lees. Toe jy laas ‘n draai gaan maak het in die wildtuin, die berge of by die see, het jy met soveel nuwe insigte teruggekom en besef: ons het ‘n wonderbare Skepper wat alles so goed geskep het. Alles werk so meesterlik saam. Ons glo dat die Skepper ook in hierdie tyd in beheer is van sy skepping en......

Continue Reading


God gebruik jou swakhede!

Ek en jy het swakhede. Jy is nie geskok oor hierdie wete nie, want jy is daagliks bewus daarvan. Dit gaan oor ons onvolmaakthede, ons beperkinge: fisies, emosioneel, intellektueel en geestelik. Daar is dalk onbeheerbare omstandighede wat my verswak en beperk. Maar die groot vraag is: wat doen ek en jy met ons swakhede? Jy kan dit wegsteek, dit ontken, verdedig, wrewel daaroor opbou. Dis wat baie mense doen, want ons is bang oor die reaksie van mense as hulle besef ek is nie so sterk in alles nie. Maar God het......

Continue Reading


Vyf wenkeuses!

Vyf wenkeuses!

Avatar photo
Write By:

In 2 Kor 5:17 lees ons hierdie besondere woorde: “Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.” Almal wonder oor Rassie se strategie hierdie komende saterdag – wat sal dit wees? ‘n Vorige kaptein van die Engelse span praat met lof van sy pragmatiese benadering. Ons sal saterdag sien – want teen die Engelse sal daar ‘n besliste plan moet wees. Daardie plan sal neerkom op ‘n paar keuses wat die Springbokke as span moet maak – ons noem dit wenkeuses – keuses......

Continue Reading


'n Nuwe klankbaan vir jou lewe!

Ons moet opnuut van hierdie vers kennis neem: “Daarmee (met die wapens van God) vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak” (2 Kor 10:5). Hier is bietjie goeie nuus! Jou brein stoor alles. Daar is egter ook die slegte nuus – jou brein stoor regtig – alles! Jou brein kan nie onderskei tussen dit wat werklik is en dit wat denkbeeldig is nie. Dit ontvang en verwerk beide die waarheid en die leuen. Ons het al......

Continue Reading


In jou krisis!

In jou krisis!

Avatar photo
Write By:

Ons almal beleef krisisse van tyd tot tyd: rondom ons gesondheid, verhoudinge en werk ensomeer. Krisisse kan ook ontstaan rondom natuurrampe soos droogte, vloede, wegholbrande ensomeer. Al is dit soms die laaste ding wat jy wil doen, is dit egter die eerste ding wat ek moet doen: BID! Gebed kan nie ‘n laaste uitweg wees nie – dis die eerste uitweg! Daniël is ‘n goeie voorbeeld van hoe om te bid in die tyd van ‘n krisis. Na aan die einde van sy lewe, 70 jaar nadat hy en sy vriende na......

Continue Reading


Klim die leer van nederigheid!

Sint Benediktus het in die sesde eeu al vir ons sy leer van nederheid as ‘n gawe gegee. Hierdie leer is vandag net so relevant as in sy tyd. Hy wys vir ons hoe ons kan ‘n groei in die genade van nederigheid – hoe ons kan groei in die liefde van God sodat ons totale menswees daardeur geraak word. Ons wil nie graag hierdie leer klim nie. Dit word nie bedoel as ‘n metode of resep tot nederigheid nie. Dit gee vir ons egter ‘n aanduiding van hoe moeilik dit is......

Continue Reading


GELOWIG IN ‘N ONGELOWIGE WÊRELD

Jesus vra in Luk 18:8, “Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind?” Ons verkeer in ‘n toenemende ongelowige wêreld. Dis ‘n sekulêre wêreld van verskuiwende waardes en groeiende egosentrisme. As Jesus vandag sou terugkeer na die aarde, hoeveel mense van geloof sal Hy vind? En hoe lyk dit met jou en my? God soek gelowige mense wat Hom met oorgawe sal vertroue en dien. 2 Kron 16:9 stel dit so: “Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan......

Continue Reading


css.php