Jesus vra in Luk 18:8, “Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind?” Ons verkeer in ‘n toenemende ongelowige wêreld. Dis ‘n sekulêre wêreld van verskuiwende waardes en groeiende egosentrisme. As Jesus vandag sou terugkeer na die aarde, hoeveel mense van geloof sal Hy vind? En hoe lyk dit met jou en my? God soek gelowige mense wat Hom met oorgawe sal vertroue en dien. 2 Kron 16:9 stel dit so: “Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan......
Continue Reading
Die boek 1 Kronieke begin met ‘n lys van meer as 600 name. Jabes se naam staan nogal uit, want hy het gebid en God het aan sy versoeke voldoen. Dis ‘n gebed wat ons vir onsself ook kan toe-eien. Sy gebed was eenvoudig: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.” ( 1 Kron 4:10) Hierdie drie gebedsversoeke is belangrik vir elkeen van ons: Hy bid vir God se krag Jabes het geweet dat......
Continue Reading
Jy is God se lego!
Write By:Dr Gavin Meistre
Tydens die afgelope basaar het ek gesien hoe ons geestelike familie van Garsfontein kan saamwerk – almal help vir almal en sit hand by! So het ons weer eens getoon dat ons mekaar nodig het en voluit gaan om mekaar te ondersteun. Dit het my herinner aan Paulus se woorde in Rom 1:12, “Ek bedoel dat, as ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle s’n en julle deur myne.” As jy deel is van God se familie, die kerk – hoef jy nie deur......
Continue Reading
SOMS MOET JY “NEE” SÊ
Write By:Dr Gavin Meistre
As jy regtig wil groei, moet jy soms “nee” sê. Die skrywer van die Hebreërbrief moedig ons aan om langs ons geloofsreis alle laste en sonde van ons af te gooi sodat ons kan volhard in die wedloop van die geloof met ons oë gevestig op Jesus (Heb 12:1). ‘n Uiters belangrike woord wat ek moet onthou vir my geestelike reis deur die lewe is ‘n onverwagse woord: “nee”. Jou geloofsreis is ‘n lang reis. Baie reisigers begin baie goed, maar begin weg te kwyn teen die einde. God wil hê dat......
Continue Reading