VISIE:
Deur Christus – Met mekaar – Na die wêreld
WAARDES:
Ons glo dat ‘n gemeente ‘n geloofsfamilie is, waar almal welkom is en liefgehê word. Ons glo dat daar in ons geloofsfamilie mense met verskillende spiritualiteite en gawes is, maar wat steeds dieselfde passie moet hê vir God en God se koninkryk. Hartlikheid, eensgesindheid, getrouheid en betrokkenheid is belangrike kenmerke van ons geloofsfamilie.
Ons wil hierdie waardes uitleef deur die volgende gebruike:
Aanbid saam – Kuier saam – Groei saam – Dien saam
WAT GLO ONS:
Wie is GOD: Ons glo in die Drie-Enige God – Vader, Seun & Heilige Gees
Verlossing: Ons glo dat ons slegs uit genade gered word, deur te glo in Jesus Christus. Hierdie geloof leef in ons harte en moet sigbaar word deur ons dade.
Die Bybel: Ons glo dat die Bybel – die Ou en Nuwe Testament die Woord van God is, en dat dit die enigste riglyn is waarvolgens ons lewe. Jesus is die lewende Woord, Wie se voorbeeld ons wil volg, deur die Heilige Gees wat die Woord in ons harte laat lewe.
Dissipelskap: Ons glo dat Jesus ons roep om te groei in ons verhouding met Hom en om Sy koninkryk te soek. Ons word ook geroep om dissipelmakers van ander te wees.
Diensbaarheid: Ons glo dat God ons stuur om, deur die krag van die Heilige Gees, getuies van Hom in ons gemeenskap en wêreld te wees. Dit doen ons deur ander te dien, soos Jesus aan ons die voorbeeld gestel het.