NUWE INTREKKER
Dis altyd lekker om nuwe lidmate te ontmoet en by ons te verwelkom.
Laai gerus ons lidmaatskapvorm hier af:
Voltooi en epos aan Natascha by admin@nggars.org.za
Kom gee dit gerus ook vir ons, ons is Sondae (behalwe langnaweke en skoolvakansies) by die toonbank agter in die saal, na afloop van die 9uur diens of kom sê vir ons hallo in die kantoor.
WIL JY DOOP
Laai gerus die doopvorm hier af:
Voltooi en epos aan Natascha by admin@nggars.org.za of besoek ons by die Kerkkantoor
GROEI SAAM
Daar is baie geleenthede in ons gemeente om saam te groei:
Dinsdae om 09:30
Kruisvroue Bybelstudie
Woensdae om 09:00
Bybelstudie
Donderdae
Groeigroepe kom bymekaar
Vrydae om 05:30
Mannebediening
Skakel gerus die Kerkkantoor vir verdere inligting
GEE SAAM
Bankbesonderhede
ABSA Tjekrekening
Naam: NG Gemeente Garsfontein
Rekening nommer: 1630 580 125
Taknaam: The Grove
Takkode: 630 919
Onthou die verwysing: Beskrywing altyd eerste woord bv. Huwelik (Van) of Kategese (Van) of Offergawe (Van)
Kaart– en Snapscan fasiliteite is beskikbaar.
GARSFONTEIN YOUTH UPLIFTMENT
DIEU DONNE
Garsfontein Youth Upliftment, is ons gemeente se huis vir hawelose en weerlose
tienerdogters, in nood. In die gemeenskap staan ons doodgewoon bekend as die
Garsfontein Tienerhuis en be-oog ons om hoop te gee aan gebroke jongmense wat
‘n tweede kans in die lewe nodig het. Meeste bestaande kindersorg fasiliteite
fokus op jonger kinders en is onwillig en dikwels nie in staat om tieners in
nood in te neem nie. Die Garsfontein Tienerhuis wil graag vir so ‘n groep
jongmense ‘n tuiste skep wat in hulle fisiese, emosionele en geestelike
behoeftes voorsien.
Fisiese versorging van die jongmense is vir ons baie belangrik, aangesien dit ‘n
primêre behoefte tot oorlewing is. William Booth het immers gesê: “Jy kan nie
vir iemand van God se liefde vertel as hy ‘n leë maag het nie.” Egter meer
belangrik nog as die skep van ‘n fisiese tuiste vir hierdie jongmense, is dat
hulle ‘n nuwe gesin sal vind waar hulle liefde en aanvaarding beleef. Die kern
van ons bediening gaan dus nie oor liefdadigheid nie, maar oor gemeenskap
(‘community’). ‘n Plek waar jongmense bemagtig word om te groei tot geestelike
volwassenheid en emosionele heelheid.
Bydraes is baie welkom vir die Tienerhuis: enige bydraes, voedsel, klere, ensomeer is welkom.
Dringende behoftes: • Brood •Langlewe melk •Vleis •Groente
Maak gerus kontak met Jeanette by die Tienerhuis by 0723008425.
Kyk gerus HIER na die Tienerhuis webwerf