Wie dryf jou regtig in hierdie tyd? Wat dryf jou? Hierdie vraag gaan selfs verder as ons. Ons het alle rede om te vra wie presies in beheer is van ons land? Wie is in beheer van die Covid-Plan? Wie is in beheer van ons stadsraad met al die chaos van stakings. Wie is in beheer van al die motors wat deur die rooiligte jaag en nie by die stopstrate stop nie. Waarheen is ons oppad as alles so buite beheer raak? Ons word tans getoets tot die uiterste toe en dit......
Continue Reading
Jesus het hierdie woorde in Matt 12:34 gesê: “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor”. Hoe verander ek van ‘n baie kwaai persoon na ‘n vreedsame persoon? Dis eintlik nie ‘n geheim nie. Daar is net Een wat jou daarmee kan help, en Hy is die Heilige Gees. Hy vul jou met God se krag en liefde. Hy is die Wag in jou hart en die Wag voor jou mond! 1 Kor 13:5 sê dit duidelik: “[Love] is not easily angered” (NIV). Dus, as jy vol woede en......
Continue Reading
Lockdown-Woede!
Write By:Dr Gavin Meistre
Dit kan dalk wees dat ‘n paar van ons in hierdie tyd ‘n bietjie kort van draad is? Die situasie waarin ons onsself bevind maak dit net erger. Ons geduld met ons omstandighede en met mense is maar min. Dit moet nie as ‘n verrassing kom nie. Daar is baie redes waarom ons kwaad kan wees – self-isolasie vir lang periodes, werksverliese, verminderde salarisse, irrasionele, inkonsekwente en onregverdige optredes van die owerhede, woelinge in ons eie harte. Woede hoef egter nie die oorhand oor ons te kry nie. Meer as ooit is......
Continue Reading
Ons geloof word getoets!
Write By:Dr Gavin Meistre
Ons geloof word getoets in hierdie tyd. Ons gelowiges neem deel aan een van die grootste eksamens van ons lewens. Ons is in die skool van Jesus en ons skryf nou toets op toets. Gaan ons ons eie geestelike matriekeksamen slaag in hierdie tyd? Soms ervaar ons dat ons ons geloofstoetse erg dop. Ons besef ons swakheid en gebrokenheid. Ander kere is dit so ‘n wonderlike oorwinningsgevoel as ons deurkom, omdat ons daardie harde lesse goed geleer het. Ons begin nou agterkom hoe ons sekere situasies kan hanteer. Ons het die toets......
Continue Reading
Stap saam met die Gees!
Write By:Dr Gavin Meistre
Hierdie sondag vier ons die koms van die Heilige Gees na die aarde. Wat ‘n besondere dag vir die kerk van Jesus – en vir elke gelowige. Sonder die Gees kan ons nie geestelik bestaan nie. Ons het Hom nodig met elke tree wat ons neem agter Jesus aan. Dis Hy wat ons bekragtig vir elke taak en uitdaging. Hy help ons om deur donker tye te beweeg, soos nou. Hy help ons ook om ontslae te raak van negatiewe dinge en gewoontes in ons. Dit laat my dink aan die woorde......
Continue Reading
IS JY ‘N “WORRY-ER”?
Write By:Dr Gavin Meistre
Vandag vier ons die hemelvaart van Jesus. Hy het ons nie aan ons eie lot oorgelaat nie, want Hy het dadelik reëlings getref om sy Gees te stuur. Vader, Seun en Gees is by ons, midde-in ons huidige omstandighede. Ja, Covid-19 het ons skielik oorrompel. Ons het skaars Kersfees en Nuwejaar gevier, toe is hy op ons …en bekommernis is besig om sy tol te eis. Hier is die statistieke in die VSA – soos saamgestel deur die American Psychiatric Association. Amper die helfte van Amerikaners is angstig dat hulle dalk die......
Continue Reading
Moenie in hierdie tyd emosioneel uitbrand nie. Hou jou tenkie vol en jou lewensvuurtjie aan die gang. Moenie opgee in moeilike tye nie. “Don’t burn out! Keep yourselves fuelled and aflame . . . Don’t quit in hard times; instead pray all the harder.” Romans 12:11-12 (The Message). Hoe lyk ‘n geloof wat lei tot emosionele gesondheid gedurende Covid-19? Kyk na hierdie volgende riglyne: Betoon genade teenoor jouself en ander Jak 4:6: “Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy:”God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”......
Continue Reading
Vir almal van ons was die afgelope weke vol onsekerheid en stres. Ons is bekommerd oor hierdie ongenaakbare siekte. Ons het ‘n goeie vriend in Engeland wat dit opgedoen het. Hy het by die dood omgedraai. Die wonderwerk is dat sy vrou wat hom versorg het dit nie opgedoen het nie. Ons is ook bekommerd oor die ekonomiese uitdagings wat hierdie pandemie inhou. Ons is bekommerd oor die wysheid en sin van die staat se eindelose mikro-bestuur benadering in hierdie tyd. Indien ons die hoogtepunt eers in September gaan bereik, wag daar......
Continue Reading
ONS HET MEKAAR NODIG
Write By:Dr Gavin Meistre
God het vir ons twee “boeke” gegee om te lees: die natuur en in die Skriftuur. Psalm 19 sê dit baie mooi. Ons leer so baie van God deur albei hierdie “boeke” te lees. Toe jy laas ‘n draai gaan maak het in die wildtuin, die berge of by die see, het jy met soveel nuwe insigte teruggekom en besef: ons het ‘n wonderbare Skepper wat alles so goed geskep het. Alles werk so meesterlik saam. Ons glo dat die Skepper ook in hierdie tyd in beheer is van sy skepping en......
Continue Reading
